Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

as ek die ankers van my diepsiel uitgooi
op blank papier lê, dorstig na dig-woorde
wat in passievure deur my brand
word ‘n avondsmaal van rus in vrede gedek
sodat my woorde papier in vreugd’ kan vlek

min mense verstaan ‘n digter se siel
waar jy kwashale in sielswoorde
op die verfdoek uit jou hart kom trek
daar waar jy jou binnemens uitspoeg
op stukkies papier - brokkel-gedagtes
polssend deur jou bloed om dan bloeiend
in openbare oog uit mekaar te skeur

‘wyl jy immer na die son se warm strale beur

© Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Brokkel
...daar waar jy jou binnemens uitspoeg
op stukkies papier...

Ek is mal hieroor Anze.
3 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


brokkel
Wow. Uit die pen van die skrywer... Pragtig.
3 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 11 ure oud


digter se siel
Beter geprent/gepen sal ek nou nie kan nie.... baie mooi
3 jaar 11 maande 2 dae 18 ure oud


Brokkel
Wat bly oor om te se na al die vorige kommentare?
Hou vreeslik baie hiervan...."daar waar jy jou binnemens uitsloeg" - wow!
3 jaar 11 maande 3 dae 19 ure oud


Brokkel-gedagte
Ongelooflik pragtig. Jy het uit soveel monde gepraat. As die mond stom raak dan praat die siel op papier.
3 jaar 11 maande 5 dae 20 ure oud


brokkel
PRAGTIG !!! Presies soos ek soms voel...
3 jaar 11 maande 6 dae 19 ure oud


Digters
Jy het dit goed beskryf
3 jaar 11 maande 6 dae 20 ure oud


Brokkel
Pragtig verwoord, Anze. 'n Digter en 'n skrywer moet baie waagmoedig en dapper wees om die teer plantjie in die son te laat . . .
3 jaar 11 maande 6 dae 23 ure oud


brokkel
anze ek is ni n digter nie maar ek dink jy vang die siel en verlange van n digter deeglik vas in hierdie werk
3 jaar 11 maande 1 week 7 ure oud


Brokkel
Die passie goed vasgevang in woorde.
3 jaar 11 maande 1 week 14 ure oud


Z
Dit is darem nou wragtig goed gesê oor digters. Uitstekende gedig.
3 jaar 11 maande 1 week 15 ure oud


Brokkel
Handeklap vir jou. Wat jy sê is so waar. Elke digter het ook sy eie manier om hom uit te druk.
3 jaar 11 maande 1 week 15 ure oud


brokkel
Goed gedoen, Anze. Veral die 2de strofe sê so baie oor die digter en al weet hy of sy dat die gedig uitmekaar getrek kan word, waag hul keer of keer die kans :-)
3 jaar 11 maande 1 week 17 ure oud


brokkel-gedagtes
so...so..mooi xx
3 jaar 11 maande 1 week 18 ure oud


Gedagtes
Niemand kan jou keer om dit neer te skryf nie ~ en laat die mense maar sê . . . dit kan niks maak aan jou 'digtersiel' nie. Dit kan jou net sterker maak en meer laat skryf!
3 jaar 11 maande 1 week 18 ure oud


D F
Brokkel
Anze, dis só waar. Weet net die eer kom jou toe - die hoogste bome staan met hul koppe in die sterkste wind. Trouens dis 'n fisikawet. En jy is dan altyd met alles SÓ GETROU!!! Raad : Word 'n eend.
3 jaar 11 maande 1 week 18 ure oud


Brokkel gedagtes
So praat 'n regte digter!
3 jaar 11 maande 1 week 19 ure oud


Brokkel
Stem met almal voor my saam. Slaan die spyker op sy kop.
3 jaar 11 maande 1 week 19 ure oud


Ano
Gedagtes
Praat jy! 'n Mens word so onder 'n vergrootglas bekyk en bepraat. Sug.
3 jaar 11 maande 1 week 20 ure oud


Brokkel
Wonderlike beskrywing en verduideliking van 'n digter se werke!
3 jaar 11 maande 1 week 20 ure oud


brokkel
Siels'woorde die uit die hart van 'n digter geskryf!
3 jaar 11 maande 1 week 20 ure oud


Brokkel-gedagtes
Hierdie pragtige gedig het Anze so pas as stem en ambassadeur van elke digter verkies! Absoluut uitsonderlik.
3 jaar 11 maande 1 week 20 ure oud


Brokkel-gedagtes


O, so waar wat jy sê. Diegene wat trag om met dig en ondig te prikkel word nogal veral blootgestel aan soms vlymskerpe kritiek. Maar dan beur dit juis vorentoe met 'n volgende probeerslag want die wet van gemiddeldes sorg vir sukses die een of ander tyd. Jy, Anze, is meer as gemiddeld geseën met sukses en daarom die plig tot dankbare erkentlikheid vir die gawe jou toebedeel!
3 jaar 11 maande 1 week 21 ure oud


Brokkel gedagtes
Pragtig
3 jaar 11 maande 1 week 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar