Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die gesleep van vrot pote
oor ’n sinkdak
is ’n bepalende faktor in
die daeraad van die gedrang

’n roomys by
die Frans-Algerynse man - die geskel van
Afrikaner en Chinees
kinders klou angstig aan trollies want
’n spook praat vanuit die yskas wat
soos oupa se doodskis lyk

’n dame breek wynbottels
sy vra my opinie oor vonkelwyn
die kassiere probeer haarself oortuig
dat vyftig rand eintlik drie en veertig rand is

laat jou voorgeslagte deur die
rioolpyp kyk want
’n slagaar bars wanneer ek
myself agter die drankwinkel met
’n handgranaat tussen
my tande probeer begrawe




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar