Gedigte

Titel: By jou
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



ek het vroeg in die oggend
gesoek na jou oë se kyk,
jou verlange na my laventellyf

jou helder glimlag in my nek
jou reuk in my hart, my lief,
ek het jou in die môrestond gesoek

jou middag sweet teen my wasem- asem
jou naelstring geknoop aan my lewe
daar het ek jou gesoek my lief

jou deurdringende stem in my are,

jou gevind, in jou sagte kyk
in jou stil glimlag
ek het vrede gevind,

by jou my lief.

@EEvdMerwe



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Goed geskryf.
7 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


geluk
Baie mooi, n lekkerlees gediggie
7 jaar 8 maande 2 dae 20 ure oud


jislaaikit......
Yoh! Ek laik di ene! Bja bja moi!(Clap)
7 jaar 8 maande 3 dae 15 ure oud


By jou
Dit is plein en sweet
Baie oulik en opreg
Mooi Nooi!
7 jaar 8 maande 3 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar