Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Die stroompie vloei rustig voort
en boom-sambrele gooi ’n skaduwee
waar ek rustig die skoonheid inasem
en God se handewerk geniet

die rustigheid oorrompel my
my hart raak stil en tevrede
ek hoor weer God se stem:
My genade is vir jou genoeg

dis hier waar ek vantevore vir Jesus
van my kanker vertel het en hoe bang ek is
en Hy my verseker het
dat Hy reeds engele op my pad gesit het (Ps 91:11)

vandag kom ek net weer dankie sê
vir Sy getroue stem in my hart
vir wonderwerke in my lewe
vir Sy onbaatsugtige liefde en genade.

Op die horison verlang die son na die maan
en lui roep hy met ’n vroeg aand asem
na die maan om nader te staan
hy wil gaan rus en iemand moet
vir Bets die voetpaadjies terug verlig.

November 2008



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Amen
AMEN
4 jaar 5 maande 1 dag oud


By waters waar rus is.
Om by die Here rus en kalmte vind soos 'n kindjie by sy moeder( Ps. 131:2) is een van die wonderlikste seëninge. Pragtig!
4 jaar 8 maande 2 dae 4 ure oud


kom ek dankie sê
'n mens kan nooit genoeg dankie sê vir Sy wondertekens.
4 jaar 8 maande 2 dae 13 ure oud


Waters
Ek ditto vir Neels. Dit is 'n uistekende gedig.
4 jaar 8 maande 2 dae 19 ure oud


waters
Tien goue steretjies vir jou bets
4 jaar 8 maande 3 dae 1 uur oud


Dankie Heer
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 8 maande 3 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar