Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek kyk na die situasie waarin ek myself bevind.
Vasgeboei, met jou kettings wat my bind.
En dis waar wat mense sê, verliefdheid is blind.
Dis hoekom ek my in hierdie situasie bevind.

My woorde aan jou gaan jou hart breek.
Ek vertel net die waarheid wat ek so wegsteek.
Ek weet op die oog af lyk ons verhouding gesond.
Jy mag dalk nou voel net soos ‘n weggooi hond.

Ek soek net my spasie, met my alleen tyd.
En soms wil ek my van die wêreld afsluit.
Ek voel net bedreig, van my vryheid ontneem.
Kom ons wees vriende is al wat ek meen.

So ek call dit quits, ek kan nie meer.
Die gevoelens in my frustreer my net meer.
En ek weet wat ek sê maak seer.
Ek sê jou eerder nou voor jou hart verder skeur.

Ek weet ek is vol issues wat jy nie verstaan.
Maar ek soek nog myself en verander van baan.
Weet ek gaan jou mis en soms wens jy was hier.
Ons sal mekaar weer sien, al ontmoet ons vir ‘n bier.

Wie weet, dalk kom ek weer terug.
En smeek jou, asseblief neem my terug.
Maar vir nou, wil ek net alleen wees.
Ek wil net alleen met my gedagtes wees.

Ek soek net my spasie, met my alleen tyd.
En soms wil ek my van die wêreld afsluit.
Ek voel net bedreig, van my vryheid ontneem.
Kom ons wees vriende is al wat ek meen.

So ek call dit quits, ek kan nie meer.
Die gevoelens in my frustreer my net meer.
En ek weet wat ek sê maak seer.
Ek sê jou eerder nou voor jou hart verder skeur.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die bly een van my gunstelinge
11 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud


Pragtige gedig, kry skoon 'n traan in my oe. As ek daardie meisie was - ek weet nie wat ek sou gedoen het nie... want dit is so mooi.
12 jaar 4 maande 3 weke 4 dae oud


krummel, jou woorde laat my verkrummel dis werklikwaar uitstekend. "voor jou hart verder skeur"
12 jaar 5 maande 2 dae 2 ure oud


Krummeltjie, my hart kry so 'n pyn dis so mooi. Ek weet nie hoe jy dit regkry nie, maar dis so intens. Pragtig, jy was reg toe jy gesê het jy het iets in die mou.
12 jaar 5 maande 2 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar