Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek wil sing van die lewe -

my lied tussen swart
en wit klawers ingepak -
'n wysie soms antifonaal en skril
soms liries, ander kere stil

ek wil sing van hartstog en vrese
van jonkwees en oudword in wese
'n baba se bekkie om jou bors
haar karakter later jou grootste trots

van die felheid van 'n vaal Karoo
die leegheid in 'n siel, die dofheid in oë
oor reëndruppels wat 'n veld laat blom
en klein genadetjies wat my verstom

ek wil sing van Ouma se rimpels op haar vel
die verlies van 'n suster, my grootste pêl
ook van vriende kosbaar en teer
en hoe die Vader soms seerkry beheer

en julle,
my reënboog in die lug
wat my elke dag kleure van
die lewe laat pluk



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Canta Libre
'n Pragtige lied hierdie! (En die titel het my dadelik aan Niel Diamond herinner.)
6 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 12 ure oud


Canta Libre
Ek hoor liefde weerklink! Pragtig.
6 jaar 8 maande 4 dae 13 ure oud


O
Wat kan ek se, sing sing sing .... moenie ophou nie dis bevrydend .....Dis mooi, seer, uitbundig en teer als tegelyk :-)
6 jaar 8 maande 1 week 2 dae oud


Ek sing
Goed geskryf oor 'n weldeurleefde lewe! Baie geluk!
6 jaar 8 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


Sing ...
Pragtige gedig met beelde wat met 'n mens praat.
6 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


Mooi
Dis vir my mooi omdat dit 'n hele lewenstorie vertel.
6 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud


Canta Libre
Kosbaar mooi
6 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 2 ure oud


Canta
Dis pragtig geskrywe. Musiek wat die menslike wese uitbeeld op alle vlakke.
6 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 9 ure oud


Canta Libre
Baie baie mooi. Die een het my laat lekker voel, sing so oor ietsie van als.
6 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud


die weervoorspelling
vroeer vandag n redelike lang kommentaar hierop gelewer....
toe kliek ek>stuur.
en woeps..issit weg...
*snik*
6 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


Ano
Canta Libre
Voorwaar pragtig geskets
6 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud


Canta Libre
Baie, baie mooi! Hou van die positiewe noot waarmee jou gedig eindig.
6 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud


lied
Die lewe is 'n lied wat hartseer en veugde bied, dit maak jou
vry om soos 'n arend bo jou omstandighede uit te vlieg.

Pragtig gesing!
6 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


Canta
Mag ek maar saamsing?
6 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 23 ure oud


Pragtig. . .
Dankie vir die deel van jou hartslied met ons.
6 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 23 ure oud


Canta
Uit die boonste rakke.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 1 uur oud


canta
Dis pragtig, 'n oorwinningslied!
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 2 ure oud


sing
lekker sing-sing die lewe, van vreugde, swaarkry, hartseer en hoop; alles in een lied... ek hou van.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


Canta
Baie hiervan gehou ......jy het goed gedoen!
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 11 ure oud


SING
Hierdie is 'n lekker-lees gedig. Ek wil saam sing!
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


***
Hou baie hiervan.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


Sing
Wat 'n mooi gedig! Ek is woordeloos. Pragtig gedoen Rooipapawer
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


Lied
Vir my 'n voorreg om werk soos hierdie te lees! Dankie Vriendin!
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


sing free
Die lewe is 'n lied van lag tot huil... jou titel laat my onwillekeurig terug dink aan Niel Diamond se "song" en hierdie is net so mooi.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


Sing
Jy sing baie mooi Rp. Hierdie is die dinge wat ons lewe kleur en geur gee...die dinge wat regtig saak maak. Ek dink hier op woes is 'n hele koor wat saam met jou wil sing. 'n Goeie goedvoel gedig...dankie :-)
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


Pragtig.
Wow! Ek wil saam met jou sing!Dit is waaroor die lewe gaan, om al hierdie dinge te onthou en te waardeer. Dit is so vol siel en vol lewe, en ek het dit nou so baie geniet. Jy verstaan die lewe baie mooi.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


>>>
Wat 'n pragtige lied wat tot anderkant die reënboog resoneer...
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud



IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar