Weergawe:
Aantal woorde: 321
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 05 Dec 2006
geheilig is u Naam,
laat u ryk kom, u wil geskied,
soos in die hemel so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons daag se brood,
en vergeef ons al ons skulde net soos ons vergewe,
die wat teen ons sondig,
Laat kom ons nie in die versoeking,
maar verlos ons van die bose,
Van U is die ryk en die sterkte en die ere,
vir ewig en ewig amen.
Vir ewig en ewig, amen.
Onse Grote Koning wat innie hemele sit
en als sien wat in hierrie dorp aan gat
selfs die skelm politicians wat onse soe probeer kroek!
U se naam is maar banje heilig
heiliger as die Pope sinne
en even heiliger as die Mayor sinne,
lat U se ryk kom, U se wil soe wees soes dit moet wees,
‚samblief tog Jirre, lat die taxis net beteids wies,
moenie dat die busse strike nie!
soos ok innie hemele, soe ok op onse aarde.
dit sluit nou die parlement in,
soe ook die magistraat.
Gie assemblief vir onse vandag soe 'n bitjie brood,
en Jirre, ag tog, hou tog die kindetjis weg van Tik,
lat die man van my en onse se kenders by die werk kom veilig
en vergeef ons onse sondes, nes ons onse neighbors vergeef
wat teen onse lieg.
veral daai vrou in Atterbury straat wat soe loep stront praat en
alma kritisaais
maak haarse groet bek toe Jirre,
lat assemblief toggie dat onse in die moeilikheid val nie,
help my laaitie wat in die tronk sit,
en soe hard traai om vir sy kind te provide,
en maak onse vry van die donkerte,
kyk assemblief dat Eskom nou nie weer die power afknip nie!
dis mossie lekker om soe in die donkerte te sit nie, of hoe?
want U O Grote Koning, issie sterktste en heiligste,
vir altyd en altyd amen.
Vir altyd en altyd, amen.
Lees ander gedigte deur Naomi L Oosthuizen
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Groete
Chenél