Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gif drup uit my
oorlogsmoeg van selfbedrog
van maskers
en toepaslike gedrag

ek die ander “ek”
hierin in my
wie interesant
dapper
intelligent
vol selfvertroue is

die haat wil ek bevry
loslaat
het dit nie meer nodig
dit kan nou maar wegloop…

liefde moet die leë gate kom vul
om te keer dat jy
my van buite af aanval
myself belemmer
om van binne te groei.

Ek hou aan met werk
kyk Tv
het ook kinders
en baklei oor die verkeer
Maar dit gebeur…
alles so automaties.

Want alles-is-mos-onder-beheer.

Die groot probleem van vergiftiging
Is dat…
Haat
Liefde
Verlatenheid
en
opgewonderheid
selfs nuuskierigheid
manifesteer nie meer nie

dan na n rukkie voel ek bittermens
niks meer in my tronk nie
wil nie meer lewe of doodgaan nie.

Dis die probleem.

Die malmens pleeg selfmoord
die “hero” offer himself
albei gaan tog dood.

Verbitterd is ek
waar ek meeste nagte omsit
en dink oor die maligheid
oor die glorie van altwee.

Dis nou hier
waar ek myself kan loslaat
oor my verskuilde maniere
‘n opinie handhaaf
môre is is alles weer normal
behalwe
Sondag-aand.
Roetine verlig my simptome
konstante irritasie verklap my gemoed
sosiaal-aanvaarbaar
tot vir myself
my mure isoleer my
van die wêreld
al dink hulle
ek is deel daarvan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar