Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons het lank vir jou gewag liefkind
soms gewonder - is ons beskore
maar nou weet ons ...
sonder jou is ons verlore

Jy was nog altyd so nuuskierig.
Het selfs 5 weke vroeg
ons huisie kom verken

Jou laggie is aansteeklik liefkind
dit sit 'n glimlag in ons harte
En as jy huil
is daar 'n traan wat vloei in ouerhart
terwyl ons moedig troos teen die smart

Die tuin is jou gunsteling speelplek
en ons kan sien uit modder vlek
dat jy elke hoekie van die tuin ontdek

En jou liefde vir beide insek en dier
is vir ons net 'n plesier
Jy ondersoek hul so aandagtig
geen bang haar - nie eens vir baba krokodil

Geen veiligheidshek kan jou binne hou
jy sal selfs onderdeur na buite klou
net om weer in die modder te gaan grou

Na 'n dag van buite speel
kan ons maar net kyk hoe jy rustig,
selfs op 'n sakkie rys kan slaap

James, ons liefkind
jy het ons lewe vol gemaak
weet maar -
Mamma en Pappa sal altyd oor jou waak



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar