Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Iewers is 'n kind wat huil
Iemand wat wagtend in 'n bed le
'n Vrou wat smag na haar borste
'n Man wat nie meer weet waarheen

Iewers is iemand wat vra "Waarom?"
Soekend na die antwoord
Tussen mens en God
Kanker... kanker en smart

Iewers is daar iemand wat
die antwoord gevind het
Deur pyn en smart gestry het
Na die sonsopkoms gekyk het

Iewers is daar iemand wat 'n hand vashou
Die rolstoel na buite stoot
'n Stukkie lees uit God se Woord
Gedagtes deel van lewenshoop

Iewers is daar iemand wat lag
die dood gefnuik het
die lewenslig gesien het
...en leef...!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Daar is hoop
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 7 maande 1 week 19 ure oud


Daar is hoop
Kanker met die baie vra, waarom in my geanker

Goed verwoord.
4 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 8 ure oud


K
Hierdie een is so eerlik en pragtig!
4 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud


Z
Die verloop van kanker het blywende letsels nie net op mense se liggame nie maar ook op hulle Gees. Goed geskryf.
4 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 20 ure oud


K
....iewers is daar hoop. Mooi.
4 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


hoop
Moekie vir hierdie een haal k my sterreboek uit om vir jou tien goue sterre te gee
4 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar