Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eensaamheid
is niks meer
as net ʼn skadu
binne jou

want daar is vriende
wat jou trane
sal opvang
om as sterlig
aan jou nag
se swartkleed
te hang

laat my woorde
jou toevou

en onthou
onthou...

© C. Potgieter 2013-06-29



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Daar vir jou
Kosbaar. Liefdevol.
6 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud


*
Dankie, ek neem hierdie koesterkaros vir my. xx
6 jaar 7 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud


Daar vir jou
Jou tydsberekening is Absoluut perfek ek stem saam met Vic "so sag, so mooi"
6 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


***
So sag, so mooi...
6 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar