Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

daar waar my liefde kaalvoet loop
onder Tafelberg se miskombers
daar sit ek met 'n verweerde dagboek
en skryf vir jou ‘n liefdesvers

ek skryf oor seerkry van die verlede
en dorings in my voete kaal
van broosheid en traandruppels
en van oë dof en vaal

ek skryf hoe ek stap in die wingerd
waar druiwetrosse swaarlyf hang
waar elke tree op Bolandse grond
my meer na jou laat verlang

ek skryf van verwarring en wonder
op die Bergrivier se klippe-wal
daar het my drome lank gelede
eendag in yskoue bergwater geval

maar toe vind my liefde jou en
‘n splinternuwe pad by die see
en daar waar my liefde nou kaalvoet loop
het ek my hart vir jou gegee



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
'n Skitterende vers - Wat 'n verhaal vertel van heel word en weer leef.
7 jaar 3 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


Een van my gunsteling verse hierdie....Baie mooi rym, ritme en storielyn...Alles si daar....
7 jaar 3 maande 2 weke 19 ure oud


Borrels
Borrel van vreugde,
borrel van liefde,
Nee, jy borrel net!!
pragtig!
7 jaar 3 maande 2 weke 19 ure oud


kaalvoet
Jong maar die een is werklik goed geskryf...geniet jou skrywes vreeslik
7 jaar 3 maande 2 weke 1 dag oud


Stunning!
Jammer oor die Engels, maar dit was die eerste reaksie in my kop. Pragtig, Borrels!
7 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 13 ure oud


. . . liefde kaalvoet loop
Die letterkunde word gebruik om een van twee funksies te verrig:
Een funksie is om mooi stories te vertel
Die ander funksie is om stories mooi te vertel. Hierdie funksie word genoem die poëtika.
Vir my as ongekunstelde taal liefhebber, sien ek woorde as blomme in my taal tuin.
Taaltuine is kunswerke individueel kunstig uitgelê ongebonde na die kunstenaar se keuse en smaak.
Ek het my gadagtes deur hierdie kunstig uitgelegde taaltuin van jou, op wandeling geneem.
Dit was 'n aangename ontsnapping uit die gewone.
Ek ken met vreugd en genoegdoening die blou roset aan jou toe.
My dank vir die aangename belewenis en heerlike emosionele ondervinding.
Opreg.
7 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud


Kaalvoet
Mooi vers.
7 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud


AC
Kaalvoet
Ek hou baie hiervan, dit is baie goed geskryf! nog 'n stukkie kuns!
Groete
8 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud


die weervoorspelling
regtig beautiful.
en so inning.
mal hieroor.
(net jammer dat jy hier en daar die reels laat oorloop in mekaar...)
8 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 13 ure oud


=)
sagkins het hierdie vers in my kom nes maak...pragtig, jou verwoording is uiters goed gedoen. ek dink dis 'n gunsteling vir my...baie mooi
8 jaar 2 maande 2 weke 3 dae 1 uur oud


kaalvoet
Diep mooi. Hou baie daarvan
8 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


KAALVOET
Jy het die een rerig goed gedoen. Mooie vergelykings en beskrywing. Net toe ek moedeloos raak, toe tel jy my weer op.
8 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud


P
uitsonderlike einde
8 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


Daar waar my liefde kaalvoet loop
Dis eenvoudig "stunning " ! Vergewe daai engelse woord, maar ek het nie 'n ander woord daarvoor nie ! Hoekom is daar soveel hartseer en pyn om te verwerk ? Hoe doen mens dit ? Vertel dit in 'n vers aan my . . . .
8 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


Kaalvoet
Borrels, jy het die gawe om mens vas te kluister in jou woorde en jou gevoelens in mens self te laat lewend word.

Dis weereens, 'n absolute asemrowende skryfstuk, wat ek nie net lees nie, maar beleef.

Dankie vir 'n lekker lees!
8 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud


Kaalvoet-liefde
Hi ou Borreltjies, hierdie enetjie is nou voorwaar spesiaal! Die idee van kaalvoet-liefde is baie oorspronklik. Jou gedig lees lekker, jou eindrym goed gekies en die inhoud..... idillies-mooi!
8 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud


Kaalvoet
Hoop daardie spore word diep getrap. het in my hart
8 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Daar waar my liefde Kaalvoet loop
Dit is baie mooi. Ek hou baie van die een.
8 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud


Ontwikkel
Goed geskryf, in my paar maande van afwesigheid het jy werklik baie ontwikkel in jou skryf kuns
8 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


Daar waar my liefde...
Asemrowend mooi, borrels!Heerlik saam rondgekuier met die skrywery!
8 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


Kommentaar
"Waar druiwetrosse swaarlyf hang." En "daar waar my liefde nou kaalvoet loop."

Soos altyd, pragtig mooi verwoord en beskryf!

Vonnie
8 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


WAAR'S DIE SNESIES?
sjoe...dit het my meegevoer.
8 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar