Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

my liewe liefste mansmensmaat
wanneer gaan jy verstaan
dat "as" en "maar" en "sê nou maar"
nie in my boek bestaan

toe ek eendag lank gelede
gekies het om jou lief te hê
het ek "as" en "maar" se denke
by die agterdeur laat lê

so sien jy nou my liefsteling
dat daar geen twyfel bestaan
daarom fluister ek elke nag
my liefde vir jou aan die maan



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

D
oortuigend...hoop hy kan die fluistering hoor!
9 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


Z
Ek hou hiervan goed geskryf
9 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Daarom...
Skitterend verwoord, borrels!
9 jaar 3 maande 3 weke oud


......
Mooi,mooi, baie mooi.:-)
9 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud


Daarom fluister ek elke nag
Los die maan en fluister dit in sy oor sodat hŸ dit kan hoor!
Dit was ook wys van jou om "as" en "maar" en "sê nou maar" by die agterdeur laat. Weereens puik geskryf!
9 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 9 ure oud


=)
as die ou nou nog nie weet nie.....dan hy maar dom.
9 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


---
'skuus - alweer ek!

Ek moes weer kom lees .. die "mansmensmaat" woord is "to die for"!
9 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 21 ure oud


-
sê nou maar
dis nooit as te nimmer
dan bly die woorde maar mooi

dis nimmer as te nooit,
sê nou maar,
die woorde bly maar mooi

(nou is ek ook amper deurmekaar)
9 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 21 ure oud


Fluister
Onvoorwaardelike liefde...

Well done borrels!!
9 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 5 ure oud


Kommentaar
Baie mooi gediggie soos altyd.

En daar gaan staan Werner en rym (on/wetend) saam met jou in sy kommentaar. Al te pragtig!

Vonnie.
9 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 8 ure oud


---
Sonder huiwering .. sonder twyfel .. !Absoluut Skitterend! geskryf.
9 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 10 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar