Projek: PROJEK – HANDE (2015-09-30 tot 2015-10-13)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 181
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 11 Oct 2015
my hand se inkpad stap oor papier
ek soek jou verskilmaak hande hier
almal se hande verskillend tog só uniek
elke hand om iets besonders te bied
kom ons boei ons hande in ‘n liefdesketting saam
‘n nuwe weg vir harmonie te baan
ook baba handjies met dimpels onskuldig en klein
selfs oumens hande vol skete en pyn
bouershande vol sement wat stene kan lê
hande wat klanke vir die dowes sê
hande, bakhand smekend en leeg
ook hande wat kan knie in deeg
hande taai soos ‘n riem
om saad in ons grond te laat ontkiem
soekend vir hande tussen pen en papier;
growwe hande van ‘n vakman wat kan saag en skuur
waar kan ek kry ‘n skildershand met reënboog palet
moedershande wat op haar gesin se waardes let
ek soek hande van die arts wat sny
maar ook outehuis hande wat truie kan brei
dit maak nie saak watter hande jy het
vir jou handafdruk is daar nog ‘n plek
bring jou gee-hande om gewillig te wees
om ‘n wêreld te skep met ‘n nuwe gees
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae