Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met die punte van my vingers
trek ek die lyne
van jou perfekte lippe na
Ons vergeet van al die dinge
en die vrae wat ons pla.

Jy streel oor my naakte vlees
'wyl ons toe-oë staar na niks
trek my stywer in jou arms vas
en sê hoe lief jy vir my is.

Jy rol my op my rug
en soen my saggies
in ń nuwe dimensie in...
na ons eenwees weg van seerkry
sonder einde of begin.

Ons maak liefde in die laatnag
ons maak liefde in die bad
Ons verdwyn saam in elke oomblik
na waar ons harte ons heen vat

Van wilgerbome en waterstrome
na die skadu
van die ou akkerboom
Waar ons dans op ons drome
as die heelal vir ons stilstaan...
met nog ń goue uur beloon.

Voet in die hoek
met die ou ossewa
tot by Sudwalakraal
waar ons laataand na die sterre soek
met die wolke voor die maan.

Ons maak liefde onder die sterre
met die maan wat oor ons skyn
In die dieptes van ons liefde
vergeet ons van ons pyn.

Met die punte van my vingers
streel ek oor die holtes
van twee volmaakte oë
met alles wat ek in my het
wens ek om in jóú liefde
soos jy in myne te kan glo...

Soos dagbreek se goud
deur die nag se grou kom steek
Weet ons die tyd vir my en jou
se afskeid
het tè gou aangebreek!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

goud
"n Goue ster vir jou!
5 jaar 1 week 4 dae 3 ure oud


goud
Sjoe, dis pragtig. Wonderlike ritme en rym :-)
5 jaar 2 weke 2 dae 20 ure oud


dagbreek se goud
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
5 jaar 2 weke 3 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar