Gedigte

Titel: Dagdroom
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In geelperskereën
draai ek deur saggeel strale
-onbevange-
teen dié dag se seer
en onuitspreeklike verlange
na verlore tyd se ure
in ouma se kombuis
met blink bottels vrugte
op die spensrak ingeryg

om die groot geelhout tafel
kon ons die Here loof
oor dik snye botterbrood
met suikersoet konfyt -
ketels boeretroos
altyd reg op die ou koolstoof

en teen die muur tydlose woorde
om nooit te vergeet nie -
van liefde en lewe
van plaas en perskeboorde.


© C. Potgieter 2013-03-15



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Ek het presies dieselfde herinneringe van my ouma!
7 jaar 10 maande 1 week 6 dae 8 ure oud


Droom
Absoluut fantasties gepen, ek het langs daai groot Geelhout Tafel ingeskuif en die reuk van Ouma se boeretroos het my geboul vir 'n ses! En toe daai stomende warm brood uit die oond uit kom toe water my "bek" behoorlik
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 18 ure oud


Dagdroom
Vat jy ons terug na die lekker plaaslewe en skets dit puik.
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud


Droom
Nostalgies mooi. 'n goed afgeronde gedig
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 23 ure oud


Dagdroom
Die woorde geelperske het my oog gevang... en wraggies toe stel jy nie teleur nie! Jy vat mens terug na vervloë dae met pragtige nostalgie ingewerk.
7 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar