Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


jy die vlam kom aansteek
die tempratuur kom jaag
my bloed gekook
gebruis
en my ademloos
gelaat

my binneste het gegloei
my asem was warm
vonke het my oë gelig
gloed van passie het uit my vel gevloei
en jou reuk het my agtervolg

toe draai jy om
trek jou aanraking weg
en los my brandend
vegtend vir bestaan

stadig moes ek die die vlam sien sterf
die suurstof uit my longe loop
die bloed al hoe minder kook
ek wou jou nie laat gaan
maar ek kon jou nie keer
en nou is my bloed so
taai soos teer
klewend en
elke sel bestaan
net op bevel

soms gaan krap ek rond
in die hartkamer
daar waar die kaggelvuur was
ek sien die letsels in die as
en ek wonder
hoekom ek ooit gewonder het.




 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi seer verwoord.
8 jaar 9 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


wow...
meesterlik gedoen!
8 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud


as hoop
Ek probeer om nie elkekeer nostalies te raak as ek sulke werk lees nie ,maar iemand ,soos met die werk kry dit altyd reg, wel gedaan!
8 jaar 11 maande 2 dae 6 ure oud


.
hoekom wonder jy...jy mag maar. xxx
9 jaar 3 dae 15 ure oud


hoekom ek ooit gewonder het.
Dit is pragtig mooi en so treffend, diep en hard en seer.

Goed gedoen Cat.
TdDM
9 jaar 1 week 11 ure oud


Dalk moes ek nooit gewonder het nie
Jy't die "eina" goed verwoord
9 jaar 2 weke 3 dae 13 ure oud


Vlammetjie
Catbury, dit is baie goed. Al is die vuur net koue as, kan mens nog altyd wonder om te wonder om te wonder.
9 jaar 2 weke 4 dae 17 ure oud


kooltjie
Smeulende begeerte ..... 'n verlange wat brand..... ontnugtering in as.....
9 jaar 2 weke 5 dae 6 ure oud


?????
die wonder is uitstekend uitgebeeld in woorde.
9 jaar 2 weke 5 dae 11 ure oud


=
toe draai jy om
trek jou aanraking weg
en los my brandend
vegtend vir bestaan

ouch.... hoekom gebeur dit dat mense jou gebruik vir hul eie gewin en as hul klaar met jou is gooi hul dit wat tussen jul was net weg asof dit nooit gebeur het nie.....ek voel daai eina..bitter en soet die herinnering. wow. dis regtig mooi.
9 jaar 2 weke 5 dae 13 ure oud


kerse
Jy het maar net die manier van skryf, waar die kerslig die mot lok en dit dan sy onderspit delf. Steek aan daardie kerse!!
9 jaar 2 weke 6 dae 6 ure oud


Dalk moes ek...
toe draai jy om
trek jou aanraking weg
en los my brandend
vegtend vir bestaan

...SJOE, jy het dit treffend vasgepen, ek glo nie daar is iemand wat dit al vrygespring het nie! Skitterende skrywerk Catbury!!
9 jaar 2 weke 6 dae 7 ure oud


Wonder
Dink ek sommer nou terug aan my tyd in daai tronk. Pragtige gedig.
9 jaar 2 weke 6 dae 8 ure oud


Kiets, dis pragtig geskryf
Jou woorde dra swaar aan verrukking wat seer en teleurstelling gebaar het.
9 jaar 2 weke 6 dae 17 ure oud


As ek ooit gewonder het
Oi, en ons hoor nie voordat ons nie gevoel het nie. Pragtige beelde wat gebruik (en nou is my bloed so taai soos teer) en die beeld van die hartskamer waar die as koud (en beletseld)in die vuurherd lê. Pragtig Cat! Bly om weer ietsie van jou te lees.
9 jaar 2 weke 6 dae 18 ure oud


Z
Hierdie gedig gloei. En dan die briljante slot wat alles saamvat. Skitterend.
9 jaar 3 weke 5 ure oud


LL
Brandend
en ek wonder
hoekom ek ooit gewonder het.

Goed gedoen Cat!
9 jaar 3 weke 7 ure oud


Dalk moes ek nooit..
Briljante werk!!!!! Pragtig!!!
9 jaar 3 weke 15 ure oud


daar waar die kaggelvuur was..
.. en sien die letsels in die as... (dis so mooi uitgebeeld).. die hartseer herinnering van opgebrande liefde - en al wat oorbly is grys, poeier koue as... asof dit nooit eens vlamme was.
9 jaar 3 weke 17 ure oud


die weervoorspelling
3e-graadse brandwonde....
9 jaar 3 weke 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar