Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons sit verspreid
elkeen in sy eie ruimte
beskerm deur die mure
doelgerig om ons gebou
hemelhoë heinings
wat ons gedagtes
hokslaan, binnehou

Heel voor,
die gatvol vrou,
opgehewe swart kringe
onderstreep kleurlose oë,
haar man, streng en ferm
"Ek duld nie kak nie"
sê sy hande EN sy mond.

Agter my,
Pappie en Mammie,
Al leunend op mekaar
oë al droog gehuil
Pappie se nervous smile
en Mammie se flou sug
gil MOEDELOOSHEID
in hoofletters.

Langs my, die tannie,
necklace om die nek,
juwele en cutex
oozing selfvertroue
maar in haar oë lees ek
verwarring en wanorde

En ek?

Ek wil iets sê.
Iets oor
verslawing,
flashbacks en
vrede

Iets oor
genade
geloof en
hoop

Maar al wat ek onthou
is my endless adoration
my onmeetbare respek
my totale vertroue
verniel, verkrag, vertrap
die swiep van jou tong
die stamp van jou hand
die vloek van jou mond

en ek besef
alweer
hoe opgefok ek is
deur jou



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*******
Dis hart verskeurend om dit te lees
Hou aan sterk wees, skryf is n ongelooflike goeie terapie en help mens baie verwerk.


Groete en sterkte D
8 jaar 7 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


Maar al wat ek onthou....
Ek lees en my hart huil oor die swart ink wat rooi verkleur
8 jaar 7 maande 1 week 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar