Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir té lank het ek hierdie
Damaskus grondpad gekies:

my verwarde hart wou vingers vleg
met ligkrans versierde leuens;
geykte gesegdes het lêplek
in my leë laaie gesoek

padlangs het ek lewend-dooies
se fel Valkenberg-hel gesien
met die stank van 'n verrotte veinsery
wat in my neusvleuels opwel

maar U laat U nie deur die bose uitdaag nie, Here

een-vir-een het U die spykers
van my selfopgelegde kruisiging
kom uittrek:

toe donker oor my breek het Ú lig
tot in die verste hoek geskyn
U het die bitter asynlap van my af weggehou
- my 'n kentering laat maak

net U ken waarlik die kamers van my hart,
weet dat ek in alle opregtheid voor U staan
- vryheid is oplaas oor my gespreek
in U is ek meer as ʼn oorwinnaar

ek dank U daarvoor



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Damaskus
Pragtig, verlos van die stank van die lewe.
6 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 17 ure oud


Damaskus
Uitstekend geskryf!
6 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud


Vryheid.
Die vryheid en vrede wat alle verstand te bowe gaan.
6 jaar 8 maande 3 dae 15 ure oud


Damaskus
Een van jou bestes. Knap gedaan.
6 jaar 8 maande 3 dae 18 ure oud


Damaskus
Vir altyd, eenkeer, vir ons, het Hy gesterf! Pragtig geskryf.
6 jaar 8 maande 3 dae 21 ure oud


DAMASKUS
Wat meer kan ek sê Carla ! Dis baie mooi, regtig puik.
6 jaar 8 maande 4 dae 1 uur oud


Puik!
Die belydenis in die tweede laaste vers sê dit soos oorwinnende, luidkringende klokkespel...
6 jaar 8 maande 4 dae 5 ure oud


Damaskus
Fantasties Carla so inspirerend en diep vir my persoonlik 'n wonderlike bemoediging veral na die afgelope se gebeure
6 jaar 8 maande 4 dae 5 ure oud


***
Puik gedig, Carla!
6 jaar 8 maande 4 dae 10 ure oud


Damaskus
Ek het vir lank gesit en wonder wat moet ek sê. Hierdie gedig het baie diep in my kom lê. Woordeloos gelaat. Ek kan niet dankie sê vir oogoopmaker.
6 jaar 8 maande 4 dae 10 ure oud


Damaskus
Pragtig Carla. Ek glo dit spreek tot elkeen wat hier lees.
6 jaar 8 maande 4 dae 10 ure oud


STOFPAD
een-vir-een het U die spykers
van my selfopgelegde kruisiging
kom uittrek:
Hoe groot en genadig is hy nie!
Baie baie goed geskryf!
6 jaar 8 maande 4 dae 11 ure oud


Oorwinnaar
Pragtige gedig Carla :)
6 jaar 8 maande 4 dae 12 ure oud


O
Daar is in my lewe net een reel, Here u wil nie myne nie .... en dan kom die vertrou en GLO!!!! Baie baie mooi
6 jaar 8 maande 4 dae 12 ure oud


Damaskus
so doen God dit op n besondere wyse, pragtig
6 jaar 8 maande 4 dae 13 ure oud


Dankie
Dis is die wonderlikste gevoel om daardie slagoffer mentaliteit neer te le, en mens doen dit oor en oor en oor, maar as jy die beginsel so mooi verwoord en verstaan word oorwining makliker en 'n mens raak gouer bewus van daardie selfbejammerende slagoffer wat wil gaan le.Baie mooi gedig en 'n goeie word vir baie.
6 jaar 8 maande 4 dae 15 ure oud


Damaskus
Net Hy kan so bevry!

Werklik 'n pragtige- emosiebelaaide diep vers!
6 jaar 8 maande 4 dae 15 ure oud


Amen
Uitstekend!
6 jaar 8 maande 4 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Kruispad

    deur Manie Jackson

    Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar