Gedigte

Titel: Dankie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy’t my geleentheid gegee om te sien wie ek is
en te word wie ek wil wees.
Jou skrefie sonlig was genoeg om my hart te verwarm.
Met die sagtheid van liefde omvou jy my gees.

In jou sien ek die sterkte van ‘n man en die liefde van God.
Oor jou is my wereld gelukkig, my eie koningkryk.
Wanneer ek uitreik om jou te vind, vind ek telkens myself.
As ek jou maar kon wys hoe jy deur my oe lyk.

Jy’t my geleer om die verlede te verstaan sodat ek dit kan begrawe.
Met verdigheid kan ek binnetoe kyk, weer glo en in die toekoms bele.
Ek vrees nie meer verwerping nie, want net ek kan waarlik myself verwerp.
Oor ek more nie meer vrees nie en gister nie meer knel nie, kan ek vandag volkome liefhe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie...
Ek is so bly ek het kom lees. Dit is tasbaar en tref diep hierdie ode, seker een van die mooiste wat ek al gelees het. 'n Vers wat beslis by 'n huweliksbevestiging voorgelees kan word. Dan sê die mense ons kan nie dig nie....se voet sê ek jou, hier is meer hart en siel te vinde hier in woesland, ons hoef vir niemand agteruit te staan nie. Puik werk!
8 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 9 ure oud


Dankie
'n Pragtige Dankie-gedig opreg uit 'n hart vol liefde en sekerheid! Goeie rym-patroon.

...weer glo en in die toekoms belê.

...kan ek vandag volkome liefhê.

8 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud



Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar