Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dankie jy

Die beloftes in jou bruinoog vure
Onvergeetlik knus bestemde ure
Want daardie vonkel
Laat kopwerk konkel
En span wyer as die seer se mure...

Dit bring ‘n nuwe kers wat skyn
Tot vêr verby die outyd-pyn
Dit bring gehalte
In die malte
Van ‘n nuwe lewenswyn...

Dit was nog altyd daar gewees
Onder verf van skugter vrees
Wat eers moes groei
Op seerkry-bloei
Tot iets wat beide kan genees...


Keywords: ONVERGEETLIK, KNUS, BESTEM,URE



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oh Absolutely Yes ...!!
Hierdie vers is !SKITTEREND! geskryf En-Route!
9 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 8 ure oud


Baie mooi !!!
9 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


ai ai ai... gelukkige bruinoog girl... hahaah
9 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 13 ure oud


Fantasties, En-Route...ek is mal hieroor...jy mag maar...wow!
9 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud


die knetter en vlam van hierdie vers lek teen my vel...wow.....ek staan stil....

ammiemoon
9 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud


wow!
Ek is mal oor die vers van jou!! GREAT!
dankie!
9 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar