Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 83
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 20 Oct 2015
staan in die hoek van ‘n kwekery
in sy snik van verlorendheid
kyk hy verby die veld
na die groot geel eindeloosheid
Om die draai staar
‘n bouval’lige huis
my in die gesig
die eens mooi tuin
is nou net ‘n stuk wilde grond
Die stofpad vol spoke
kleef om die hoeke
van my gedagtegang
dansrasper teen ‘n klipmuur op
Verbeel ek my
maar wanneer ek daar verbyry
kraaak kraaaak
die nag se honger kakebeen oop!
Lees ander gedigte deur Suzette Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae