krake in die glas
vingermerke wat as bewysstuk dien
spreeus op die gras word deur
kraaie verjaag
komaan, vreet aan my vleis
vlees en bloed
kots
god, verwag jy my
waar is die lemmetjie
ek sien haar dwaal
los my dat ek kan gil
los haar dat sy struikel
’n kont wat vrot van korrupsie
skiet my
sny my op
voer my vir die man in die
bloedbevlekte spieël
sing almal saam en kyk hoe die
blomme langs my bed binne ’n oogwink
verwelk
© T. Fourie