Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Sal jy eendag
dekades van nou
steeds teen my snoes
my nek-en-skouers
op jou special way vryf
en my hand vashou
terwyl ons
op ons sinkdakhouthuisie
se voorstoep
vir die maan sitwag.

Sal jy eendag
dekades van nou
steeds van my hou
al het die wysheid
grys op my kop
gaan lê
en Alzheimer’s
my die fokus
van ons oomblikke vir altyd
se foto’s laat vergeet.

Sal jy eendag
dekades van nou
my steeds steun
my anker
wanneer die kanker
van die lewe
my gesonde verstand
opvreet
en ek alwetend seniel
in my oudheid
na kindwees terugkeer.

Sal jy eendag
dekades van nou
steeds by my wees
my kreukels miskyk -
se ek's mooi vir jou.

Sal jy eendag
dekades van nou
steeds my naam onthou.

Of sal die jare
se slof-en-sweet
die verlede
se spore uitvee
en my gesig
slegs waaslig
aan die einde
van jou tonnel
in dekades van onthou.

2014-05-25

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dekades
'n Goeie vraag waarop net tyd die antwoord sal leer... Dit vra opregte en onbaatsugtige toegewydheid uit suiwer liefde..Veral wanneer net een party nog werklik emosioneel"bewus" is.. (Maar dan sal jy nie regtig weet nie)
5 jaar 8 maande 3 weke 1 dag oud


dekades
Hierdie is absoluut PUIK!!!! ek is gek oor die herhaling.. so mooi verwoord jy elke vrees maar met die ondertoon van n suiwer liefde daar agter op die horison... weereens PUIK!!!
5 jaar 9 maande 13 ure oud


dekades
Baie mooi, 'n wonder oor eendag. :)
5 jaar 9 maande 18 ure oud


Wel gedaan!
Ek sien daardie kromme tak in jou gedig ... die woud waarin mens net maar 'n meter of twee alle kante toe kan sien. Net die pad wat agterlê is bekend... knap, knap, knap gedaan!
5 jaar 9 maande 22 ure oud


die weervoorspelling
Mal oor jou vers.
n Besonderse vers wat praat met mens se hart.
Gepen soos net jy kan.
*so jammer jy skryf so min*!

Die vers is nou n goeie voorbeeld waarom ek dit haat om n gedig aan n foto te koppel.
SO pragtige universiele gedig wat in n way nou beperk word tot n foto...
Gedigte,en veral een soos die,moet onbeperk wees....
5 jaar 9 maande 1 dag 12 ure oud


Dekades van onthou
dis n baie goeie vraag ne? jy het so lieflik geskryf.
5 jaar 9 maande 1 dag 13 ure oud


.
Gee jy nou die foto 'n spesiale storie.
Ek hou baie hiervan, jy't darem 'n anderste manier van goed beskryf.
Pragtig!
5 jaar 9 maande 1 dag 17 ure oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar