Gedigte

Titel: Delila
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Demensia Delila Doloris
Soos Simson van ouds word ek verlei
Jy vat my terug na dae lank verby
en vernietig verhoudings wat oor is

Droom oor jongwees dae van speel en net kind wees
En hoe ek na my beste vriendin verlang

Ek herleef al die goeie ou dae
Van kleilat gooi op die plaas
En visvang saam met my broers
En lag nogsteeds as ek onthou hoe
Ek en Christine gare aan torre vasmaak
En genoë sit en lag as hul wegvlieg

Skuus ma, jy het ons nooit gevang !

Demensia De…. (watsenaam) Doloris
Vir jou ken ek al te goed
Hou nou op om my toekoms te bespied
En bring nou dadelik terug al my verlore goed !!!

Met jou het ek my hele verlede gedeel
En wat kry ek in ruil?

Bring terug my verlore toekoms en hede
En los tog verdomp die verlede in die verlede.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar