Gedigte

Titel: Demokrasie kom na Suid Afrika - Requiem

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

O, Seun van Afrika, ons salueer jou moed
soveel lange jare in ‘n tronk gesit en tog doen jy goed
Jy bring versoening binne en buite ons grense, my bra
bring demokrasie na die RSA

Swart en wit staan in toue om saam te stem
maar die onrus die bly, die harte beklem
‘n Nuwe konstitusie, almal se regte beskerm
almal is welkom, die regering klink ferm

Waarheid en versoenings kommissie swoeg voort
Tutu lyk tuis voor die kamera, so asof hy hoort
Ontbloot net jou hart, ons sal jou vergeef
maar weet gewis, vergeet sal ons nie, so lank ons leef.

Veertien jaar later, die alliansie trek swaar
Cosatu, die Kommies en ANC veg aanmekaar
Die skelms loop veilig op die strate
die onskuldiges skuil agter talies en mure en elektriese heinings, verlate

Die taxi’s neem oor, inflasie die styg
die dapperes kla, die meerderheid swyg
Die ministers bedrieg en besteel
die meerderheid sug, elke nuwe skok een skok te veel

Thabo vlieg rond en Manto ontken dat sy weet
Dat VIGS nie genees word deur knoffel en beet
Die goeie ou dae, die verlange is fel
verlang Nelson dalk terug na sy rustige sel

Was wetteloosheid en korrupsie waarna hy solank moes smag
of het hy gedroom van geluk, van kinders wat lag
En ek wonder wat hy sou antwoord as ek hom sou kon vra
wat hy nou dink van die wankelende demokrasie in Sud Afrika



Kommentaar

demokrasie
Baie goed geskryf! Jy vat die kwessies goed saam...ek raak partymaal angsbevange as ek aan die toekoms in SA dink...maar mens moet seker positief probeer wees!
Avril
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 3 ure 1 minuut oud


Ek wonder wat dink Madiba nou rerig van die hele demokrasie nasie?

Great gedig,

Chantelle
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 21 ure 19 minute oud


Demokrasie...
Daar is baie ware nare humor in die gedig. Ons land se dinge is soms soos 'n sepie, en mens kan net jou kop skud. Die erns van die situasie is ook ter sprake in die gedig. In die einde van die dag is ons almal verantwoordelik vir ons eie dade en besluite. Een ding wat ek wel weet is dat ek nêrens anders in die wêreld wil wees as hier nie. Suid-Afrika is my land! Dankie vir die gedig ek het dit geniet.

Groete

Chenél
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 5 ure 25 minute oud



Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar