Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die droogte druk die laaste sent uit alles uit,
diere moet vreet en voer is duur.
Die sesde sterf my pa.
Donderdagmiddag ry die trein my werker dood.
Daardie aand pik 'n geelslang 'n vriend van my terwyl hy hoenders in die hok gaan sit.
Vrydag koop ek lusern aan;
die bale's bykans alles gras!
En net om alles op te top,
versuip Belize,
Jack Russel, kleine hartedief,
in die sementdam waaruit sy al vantevore net betyds gered is..
Seker 'n kat of 'n voël gejaag...
Die stupid bitch!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

April
Ek hoor April kry ons reën. Net nog drie maande.
3 jaar 10 maande 1 dag 14 ure oud


kommentaar
baie goed geskryf. die emosie slaan sterk deur.
3 jaar 10 maande 3 dae 20 ure oud


*
Die naam van die maand moet maar na Desomber verander word.
3 jaar 10 maande 3 dae 22 ure oud


desember
Ek hoop dit was die laaste keer wat Desember haar lelike kant vir jou wys. Mag die res van die maand vol seëninge wees :-)
3 jaar 10 maande 4 dae 2 ure oud


die weervoorspelling
ja hel.
*drukkie*
3 jaar 10 maande 4 dae 2 ure oud



Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar