Drome val soms lank
oor skouers soos hare
en soos hare verwaai
drome soms in die wind .
Drome is al wat
ons soms op die pad hou
ons laat aanhou
ons laat deurdruk
no matter what .
Drome is soms oor die hede
die vandag , die nou
en al gaan ons soms gebuk
oor drome van die verlede
wat steed by ons spook
is dit ons drome van van die toekoms
wat meer as soms
maak dat ons wel die pyp kan rook ...
Drome val soms lank
oor skouers soos hare
( 30/11/2015 21h43
Die dag as jy nie meer kan droom nie
nie meer kan fantaseer nie
niks meer het om na uit te sien nie
is jy vir alle praktiese doeleindes dood . )
Kyk net hier:
"is dit ons drome van (van)? die toekoms"