Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

my gedagte-hand vryf oor die
rimpels van jou kwetsing,
my sê is nou stom -
jóú-kyk sonder pupille,
maar mý-kyk nie krom

want jou wyse woorde
is 'n Elim in my woestyn,
jou waaksame oog
altyd oor my kraal -
oor kliprant sny jy my spoor
sou ek skielik verdwaal

soos Vesuvius spoeg jou
vitaliteit sy vuur,
met hartsmusiek
se frases wat verskil -
soms die kille kontrabas
dan weer tjello wat staccato's stil

môre lê jy my tussen
geel gesiggies neer,
jou lag wat guitigheid verklik -
maak dan vir my 'n hemelbed,
in die lees van jou lyf en
oë se waarheid-hoofstuk



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Deur my oe
Sjoe dis 'n wonderlike pragtige diep gedig.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


Deur my oe
Mooi beeldspraak, n diep kyk in die siel van n mens.
6 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 19 ure oud


Deur my oë...
Puik gedig... goed verwoord.
6 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud


pragtige gedig!
6 jaar 9 maande 3 weke 18 ure oud


Deur my oe
Pragtige gedig :)
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag oud


***
Uitstekend verwoord en gebeeld.
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


Deur my oe
Simboliseer goed. Goed geskrywe Rooipapawer.
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


Ek stem saam met almal...goeie werk en gevoelvol...beslis die lees werd
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


Innig
Baie innig en pragtig!
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 15 ure oud


Deur my oë
Ja,die diamant fasette van die duet van die liefde.

Baie mooi verwoord. Intens ....gevoelvol.
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


Baie mooi
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


:-)
mooi, mal oor jou laaste vers!
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 17 ure oud


Sjoe!
Dis mòòi hierdie...
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


Deur my oe
Uitstekende werk, baie geniet, doen so voort!
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud


Bravo!!!
Uitmuntend!!! Ek sê mos jy het talent!! Baie goeie gedig!!
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


Musiek
Hou van jou hartsmusiek. . .van die musikaliteit wat jy hier so mooi inwerk.
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud


die weervoorspelling
laaste reel,strofe 1,voorstel:maar ek kyk jou nie krom.
dit is n lekke rlees vers die.goed gepen,keurig verwoord hier en daar.
Goed gedoen.
die madeliefies is n nice vrolike touch.
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud


Deur my oë
Treffende, sterk gedig en tog teer en sensitiewe emosie. PUIK!!!
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud


deur
Uitsonderlike beskrywings gebruik.
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 23 ure oud


Deur my oë
Skitterend!
Ek hou van die beelde wat jy gebruik. :)
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar