Projek: PROJEK – DEURE (2015-03-18 tot 2015-04-01)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 163
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 21 Mar 2015
om te ontvlug as storms van lewe dreig,
en ek, na verlossing hyg…
hier kan ek my weg sluit van die net
wat my so vas kan vang
en agterlaat met
alleen en bang
My kamer het ‘n venster soos die hemel wyd
met mure hoog, in wolk blou gespuit
maar die deur na my kamer
is so spesiaal…
Soms net ‘n weergawe van mismoed en faal -
‘n deurtjie klein en kaal.
Dan kruip ek na my kamer in
en sluit die wereld weg agter my
sodat ek vrede en oorwinning kan kry
Op my kniee sien ek deur my venster – ver,
en my geroep na my Heer
word nie versper.
Geen gewoel van die wereldswys,
geen inbraak of werk eis
hier vind ek dan my siele-troos…
Vervul met nuwe moed
teen aanslae wat daar buite woed,
omgord ek Sy heerlikheid
en sluit die groot wonder deur oop
om my lewenspad verder te loop…
Lees ander gedigte deur JoeyBuitendag
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae