Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was die aand voor Kersdag, en al die kindertjies was opgewonde,
Kersvader kom kuier!!!! was op almal se monde
Kersvader was groot, Kersvader was rond...
sjoe het hy gespook om by die skoorsteen af te kom.
Dis 'n gehuff en gepuff, 'n gedruk en gesqueeze, en uiteindelik val hy tot onder.
Die kleingoed hoor al die kavolt en die slag van donder.
Bedek met soot kom Kersvader uitgekruip,
Die kleingoed kom stadig van die trappe af gesluip.
Groot skrik hul toe hul die swart gedaante voor hul sien.
Met 'n gegil en gejuig hardloop hul, dat jy net pajamas sien.
Kersvader,geskok, poep hom skoon disnis. die boom slaan aan die brand
Met 'n groot gejuig probeer hy die boom blus, in sy hand 'n ou koerant.
Gelukkig kon hy nog die boom red
Van pure panic begin hy lag vir die pret.
Ho Ho Ho!!! weergalm dit deur die huis
Pa staan op, want iets is nie pluis
Hy hoor iemand of iets doer onder
En gaan na benee met 'n groot wonder
Net toe hy die lig wou aansit (die boom se liggies verlig die vertrek)
Sien hy Kersvader wat in die skoorsteen vassit
Met 'n gekreun en 'n gesteun probeer hy hom opdruk, maar Kersvader sit vas
Trek uit jou broek en trek uit jou jas!
Dit gedoen met 'n baie groot gesukkel
Kon Kersvader hom uit die skoorsteen wikkel.
Pa gooi die klere agterna, anders bly dit agterwee
En woerts is Kersvader weg op sy slee.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hahaha!
Daai moes n lang nag gewees het as Kersvader so oral moes sukkel!
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar