Projek: PROJEK – DROOGTE (2015-10-11 tot 2015-11-25)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 153
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 15 Nov 2015
net soos 'n legkaart is die kors uitgemerk
in allerhande vorms, sonder groenigheid,
en geen wortels om dit aanmekaar te heg.
Genadeloos is die tugtiging in sy teistering,
die natuur rebelleer gebind in tyd se gang
en son se swaard sny deur die stille angs
wat spartelende lewe genadeloos omhul.
Met onafwendbare asemnood stry julle
hulpeloos teen die mantel stof en sand
wat swetende hulpelose wesens smoor
en die vlaktes verberg onder 'n kombers.
Droogte is 'n plaag wat geloof kom toets,
die teenpool is opregte verootmoediging
wat die hemelse vensters weer sal open
om reën uit te giet, meer as benodig word.
God, U is die bestuurder van die skepping
en U het mag oor die droogtes en die reën.
Luister uit die Hemel en vergeef U dienaars,
gee asseblief reën en seën die dorre aarde.
14/11/2015 © C. du Plessis
Lees:
Maleagi 3:10
2 Kronieke 6:26,27
Habakuk 3:17,18
Lees ander gedigte deur Amaspoke Spoke
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Viooltjie
Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.
Groete