Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Skaam,
met my laaste bietjie trots stap ek nader
terwyl jy skielik onthou
dat jy iets op die vloer van jou kar verloor het

Jou oë ontwykend
Ontken die werklikheid van my menswees
Sien my net raak is al wat ek vra
Ek verwag nie jy moet al my laste dra

Die dag na Kersfees bring nuwe hoop
Al lê dit tussen stukkies weggooi
Op iemand anders se ashoop

Nuwe ou klere, iemand se ou kussings
‘n ou honde kombers,
En jackpot !!
Sommer ‘n sak klein klere – die eienaar uit sy nate gebars?

Dankbaar vir die dag se fonds
Loop ek na my plakkers huis
Waar vriendelike kinder-oë
Die liefde sien van ‘n trotse vader
Deur die masker van ‘n gebroke man



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die askan rower
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
4 jaar 11 maande 6 dae 1 uur oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar