Gedigte

Titel: die bergie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

swartpiet gaan kaia toe
hy wat nie eens kan skryf nie,
wat nog van lees en
waar sy enigste verlange
na die van sy ma is mettie
emmer water oppie dif en
die geur van gebrande potpap
wat vanuit hul modderhut
spils-spils sy neusgaaie kielie.

swartpiet gaan kaia toe,
dit hoop hy,
droom hy en
koester hy liefderik-
soos die koerant-duvet waaronder hy slaap.

swartpiet verlang na sy ma se kaia,
maar vir nou is die sterrehemel en die
vuil stegie waarin laasjaar se krismis papiere rondwaai
sy home virrie homelessgeit in sy hart



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Skitterend geskryf. So loop menige mense ver paaie, weg van bekende kaias af.
8 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar