Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die bliksemstraal klief deur die hemelruim
Tot in die aorta van hierdie mensekind
Dit sing en pols in elke sel
Verblindend x-straal dit deur verborge bene

Verdryf die gif van gister se bitter byt
Donderend eis dit hartsgebied
Satan jy het gesteel!
God self arresteer nou hierdie mensehart.

Depressie spinnerakke vergaan.
Die web wat so dig gespin was
Geen lig kon deur dit filtreer
Nou weerkaats elke sel hierdie bliksemstraal.

Hoe kan vier hartskamers hierdie dankoffer dra?
Die Glorie wat stormagtig neerstort
In hierdie eens dorre woestyn?
Hoe kan dankie dan ooit voldoende wees?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

BLIKSEMSTRAAL
Pragtig! Koninkryk, Krag en Heerlikheid behoort aan Hom...
3 jaar 2 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


bliksemstraal
absoluut pragtig.. n groot Amen op hierdie dank gebed-gedig
3 jaar 2 maande 3 weke 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar