Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

kyk ek na jou met traangevulde oë
staan vingerafdruk duidelik afge-ets
ingesny op sagte vroulike vleis
so hard probeer jy om seerkry nie te wys

laataand stories hier skeef kom skryf
met net blou-pers hale as bewys
oë wat skugter in kyk verdwyn
in vrees ‘n riel na horison kom dans

stukkend-seer wat manmoedig
stil om jou mondhoeke tril
flenters van jou gebroke siel
hygend na verstaan kom soek

soveel ontberinge reeds gesmaak
op dié Golgota pad so ongenaak
die blou-pers griffels oor jou lyf
wat so sy manlikheid moet bewys

*

staan dan vas in die wonder wete
jy's steeds kosbaar en uniek
‘n pêrel in God se kroon
met wonderbare krag van Bo
sal jy weer kan opstaan -
weer kan skitter en lag

© Anzé Bezuidenhout

Opgedra aan ‘n vriendin wat die gatkant van die lewe leer ken het op ‘n baie seer manier



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Manlikheid bewys ... ja ... en "jou" swakheid.

Sterk geskryf.
4 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 22 ure oud


Griffels
'n Groot probleem in ons samelewing, in jou laaste vers gee jy hulle iets om aan vas te hou.
4 jaar 9 maande 2 weke 17 ure oud


Ano
Blou
Ai tog, dis so jammer. My suster het ook so deurgeloop.
4 jaar 9 maande 2 weke 17 ure oud


Griffels
My hart gaan uit na haar toe. My pa was net so vark (vergewe my maar ek kan hom nie respekteer nie) en ek het nog altyd gevrees dat ek so sal uitdraai, veral met my humeur. Mooi skrywe!
4 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud


Griffels
Hoe sal ons hierdie dinge ooit verstaan. Dit maak mens briesend. Ergste van alles is, mens weet nie hoe om te help nie. Sterkte aan jou vriendin.
4 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 12 ure oud


Blou
Ek het 'n rukkie gesit voor ek kon kommentaar lewer. Hoeveel vroue is daar nie vir wie ons almal hierdie geidg kan opdra nie!! Ek beam wat almal voor my gese het.
4 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


Griffels
Aaag jinne toggie, wat 'n aaklige bestaan. Ek wonder of die 'weet' van jou laaste strofe die seer makliker maak. Mal oor die 3e strofe!
4 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud


Blou
Jou gedig spreek diep en seer.

Elke keer as ek oor hierdie onderwerp lees, of daarvan hoor, word ek kwaad op 'n plek waar ek nie weet waar hy sit nie . . . ek kan dit nie eers in woorde uitdruk nie!
4 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 23 ure oud


blou pers
ek het twee geskryf vir vroue wat deur hel is mbt molestering en slaansak wees
Skuimbek en Slaansak vrou
Dit raak my diep maar het hulle ook bemagtig
Dankie baie
Ek plaas dit op my fb
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 1 uur oud


lyf
Anze deur aan n vrou te slaan is geen bewys van manlikheid nie. Inteendeel dit is n swakeeling wat nie sy manlikheid kan uitleef nie. Hierdie is n werk met n sterk boodskap
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 5 ure oud


Blou-pers
Dis so spesifiek geskryf. Moeilik om in so tyd te onthou dat God ń doel het met alles. Sterkte
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar