Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Uit die bodem van jou blikbeker
teug ek bobbels van
vriendskap in aarbeipalet
as Augustus-son sy
stoepsoene oor ons gooi

Langs die boloop van jou blikbeker
skink jy stories wat bottelnek in
eenmansuur
terwyl ek my blompens vul
met lag wat brabbelend botvier

Op die bodem van jou blikbeker
bêrekoop ek blymakertjies
in beurtsang-besinksel,
hou dan mý beker in bona fide
na jou uit vir

nou-proe
weer-proe
altyd-proe



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Blikbeker
Wens ek kon saamkuier op daai soenstoep!

Altyd kreatief en oorspronklike woordgebruik!

Lief jou werk!

6 jaar 4 maande 6 dae 16 ure oud


die Bodem van jou Blikbeker (vir Oom Wolfie)


Met hierdie werkie verklaar ek jou 'n wenner en asemhalend-saam 'n groot dankie aan oom Wolfie!

(En dit beklemtoon die besonderse bydrae van ons WOES!!!)
6 jaar 4 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


die Bodem van jou Blikbeker (vir Oom Wolfie)


En ek wens ek kon saam julle blikbeker...

Pragtig!En natuurlik: jaloers op ou Wolfie seg ek maar eerder namens hom: "Dankie my skat!"
6 jaar 4 maande 1 week 3 dae 8 ure oud


Ano
Bodem
Jou beelde is pragtig :-)
6 jaar 4 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


Blikbeker
Ek het oom Wolfie se voorlesing geluister en die pragtig...
6 jaar 4 maande 1 week 6 dae 12 ure oud


Blikbeker
Baie mooi gedig hierdie Carla. Ek hou hiervan.
6 jaar 4 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


blikbeker
Volpunte
6 jaar 4 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


Bodem
Dit is nou 'n baie spesiale en besonderse beker-bodem-gedig!
Die ontvangkant met die mooiste beelde...
die geekant met oorgawe!

Oom Wolfie verdien dit... en jy doen dit... met grasie!
6 jaar 4 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


Blikbeker
Pragtig Carla. Mal hieroor
6 jaar 4 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


---
hou dan mý beker in bonafide
na jou uit vir

nou-proe
weer-proe
altyd-proe

!Beautiful! Die woord "bonafide" pas perfek!
6 jaar 4 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


die weervoorspelling
scweet.
6 jaar 4 maande 1 week 6 dae 23 ure oud


Bodem van jou blikbeker
Dis regtig besonders hierdie, Carla. Pragtig :)
6 jaar 4 maande 2 weke 3 ure oud


Blikbeker
Dis voorwaar pragtig Carla, Willie gaan hom geniet en gelukkig voel ook.
6 jaar 4 maande 2 weke 4 ure oud


Sjoe...
amper het ek vir Woes totsiens gesê, maar as sulke gedigte kom, sal ek nog eers hou.
6 jaar 4 maande 2 weke 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar