Gedigte

Titel: Die Boland
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hannepoot druiwe, pragtige tuine
geuwels en akkerbome
Pinotage en rugby, kinders wat lag
poffertjies en koeksisters vars op die rak

Klipdrif en wingerdstompies, boerwors wat braai
Woeker en Woel, Spur en Spar
toeriste en trekkers wat warrel met spoed
Suikerbekkies vlieg vry tussen die fynbos

heuning wat smag van proteas
Bakkies met plaaswerkers papnat gesweet
vars gebakte vis en tjips
ʼn volmaan wat glinster oor Drakenstein se berge per nag

somer son wat saggies bak, bissies wat sing
waterblommetjie bredie, gee my asseblief nog meer
Tannies en Ooms wat kletter en klits oor sinnelose bog
dronk boemelaar wat skel oor vrot snoek en nog

winter reen wat alles nat verpletter
Fanie Malan se melk in ʼn sak
Hadidas en Tarentale wat skree en skarrel
padstal se naartjies, tien vir vyf rand

kermis en krieket wat kompeteer teen mekaar
stil strate, kaalvoet loop en reuk van Proteas
kerk klok wat lui, hierdie jaar amper verby
Aai, die Boland is ʼn wonderlike ding



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar