Gedigte

Titel: Die Bos
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die bos waai U woud-wind energie
Die bos is volkome sonder sonde soos wat U dit veronderstel
Die bos is U genade wat genesing vir my bring
Die bos met sy boomberge waar geen mens my kan verwoes

Takke tol en draai om die kolk van my oog
Wolke vee sy beste-blou oor die bladsy van die dag
knobbel kabouters wat onder sampioen skuilings sit
n vloot van engele wat die bome deur seil

Die bos piets sy woud-wind op my bas
Die bos maak my skoon van hul sigaret-long-asems
Die bos is U vertoning met fotosintese n volkome 5de
Die bos is U woning waar geen mens jou kan verwoes

Takke tol en draai om die kolk van my oog
Die son vee sy lafste-rooi oor die doek van die nag
giggel feetjies wat saam met kabouters dans
n vloot van engele wat wag staan rondom my lag



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die bos
wow, baie mooi, ek is in die bos
10 jaar 8 maande 3 weke 12 ure oud


Die bos
"Wolke vee sy beste-blou oor die bladsy van die dag" - Man, maar jy mag maar dig!
10 jaar 9 maande 16 ure oud


Baie oulike gedigie!dit vir my stunning oor jou woorde oor die bos en Die gedig Godsdienstig betrek,:) tiesie
10 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar