Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die dae vlieg vêr te vinnig
in hulle oneindigende betowering
en ek ontmoet jou slegs weekliks
waar om van jou weg te wees die hel is

en as ons geskei is,
maar elke keer wat ons saam is
verhelder dit my hart
en is jy lieflik soos ‘n dag vol sonskyn

terwyl jou oë glinster soos die lug
en waaroor ons ook al bang is
gaan sonder dat dit steur verby
terwyl dit waaruit jy gemaak is

tot perfeksie kom
as jy my bemin met soet aandoening.

[Verwysing: “Braggart” deur Dorothy Parker.]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar