Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My siek, ontwaterde liggaam
spartel om te veg.
Infeksie vloei koorsagtig deur die bloed.
Niks wat ek inneem bly binne nie
en my liggaam veg verbete voort.
Krag is besig om te taan en die wete
ek is ernstig siek, maal deur my kop.

My liggaam wil net rus,
want dit het deurnag geworstel.
Alles voel deurmekaar en
my liggaam voel koud en afgemat.
Tyd is geen faktor en alles rondom my
voel soos in 'n droom.
Ek het my fokus verloor en ek voel
hoe die lewe stadig maar seker uit my tap.

Die koue tentakels van 'n naderende koma
kom kruip stadig en suig teen my vas
Ek weet ek moet veg vir my lewe,
maar niks maak sin nie.
Ek word eweskielik opgehelp deur sterk arms,
aangetrek met hulp.
My voete sleep half in die gang af na buite,
my lewe hang nou verbete aan 'n flenter hoop.

Naalde en stemme swem om my heen
Vrae word gevra, maar ek is so deurmekaar
Ek wil net rus, net gaan slaap.
Ek word pimpel en pers gesteek om 'n aar te kry.
Oral vat hande en los.
Kan ek nie net gaan slaap nie??
Waar is ek? Wat gaan aan? Wie is al die mense?

'n Warm, bekende stem dring tot my deur.
'n Warm, bekende hand vat my hand en hou myne styf vas.
Ek kyk rond en soek, en vind my man langs my staan.
Daar is baie kommer op sy gesig, maar hy glimlag braaf.
Die gesteek van naalde het einde gekry, hulle het 'n aar gevind.
Die mengelmoes van mense se stemme, dringend.

Sagkens kom 'n vrouestem na my iewers langs my.
Is dit 'n engel?
Ek kyk en probeer fokus. Dit is die dokter.
Sy hou my hand vas en ek voel die sagte vryf oor my hand.
Sy praat en sê ek moet opgeneem word in Intensiewe sorg.
Al wat ek kan uitkry is: "Dis more my verjaardag en ek moet dit in die hospitaal deurbring!"
'n Sagte glimlag, maar kommer in haar oë spreek boekdele.

Na wat soos 'n ewigheid gevoel het,
word ek inderhaas Intensief toe gestoot.
Biep, biep, biep .. klink die masjien iewers agter my.
Dis half donker met gedempte stemme .. vinnige hande
hanteer my moeë liggaam.
Nou weet ek ek moet baklei, want God weet,
my taak is nog nie hier op aarde voltooi nie.

Uiteindelik kom die slaap, so soet.
Wat daarna gebeur het is 'n blur.
Kan nie veel onthou wat dan gebeur het nie.
Maar ek lewe!
My liggaam het die stryd gewen!
My gees het nooit gaan lê nie.
En ek weet die Groot Geneesheer was in beheer.
Sin het terug gekom in my lewe en ek vier my verjaardag
met die wete God het my nog 'n kans gegee!








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

amper dood
Ag hoe dankbaar is ek dat jy nou gesond is, nou kan jy vir ons nog mooi gedigte skryf.
6 jaar 4 maande 4 dae 8 ure oud


Welkom Terug!!!
Ek het gewonder hoekom U so stil was!
6 jaar 4 maande 4 dae 9 ure oud


Gesond ...
Jinne Jellytot, ek is sooo bly om jou weer hier te sien.
Het jou gemis.
6 jaar 4 maande 4 dae 9 ure oud



Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar