Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dae lank dreig dit nou al om te reën,
wolke hang swaar en somber aan die hemelruim,
daar is ‘n gevoel van beklemming en verwagting.

Teen aand skemer duik en swenk die swaeltjies
deur die grys lug
en blom die poulelies wit
as ‘n belofte dat dit gaan reën.

As die donder rammel in die verte
en ons ‘n lug vertoning aanskou,
is dit asof dit ‘n agtergrond is
vir die konsert van die Jan Frederik
waar hy op die telefoondraad dans
en met sy lyfie wikkel en bewe
as die eerste groot druppels plonsend val

en dosyne bruin mossies en geel vinke
kwetterend op die gras versamel
om saadjies en goggatjies op te pik
terwyl klein fonteine oral op die gras vorm

en die donders al nader en nader kom
en die reën neerstort met intensiteit
dan vlieg die voëls op om skuiling te vind
as reën druppels soos tromme
op die sinkdak neer pletter

en miljoene klein wit balletjies hael
uit die lug neerstort
en deur die wind aangejaag
hardloop die druppels
deur die nuwe blare van die eikeboom
en drup soos nektar na die grond.

As die wolke weg skuif,
hang die reuk van reën
swaar verkwikend in die lug
en pik al die klein voëltjies
weer rond op die agterplaas se werf
asof hulle nog steeds daar was

en hang die kelke van die blomme swaar
en sommiges is half verweer
maar herrys weer
met die eerste strale van die son
en waaiend dans hulle
saam met die Jan Frederik
wat sy reën dans voltooi.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Inge

    deur Rachelle du Bois

    Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar