Gedigte

Titel: Die Delwer
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die xterra* se deuntjie
sing waar jy eers was
jou wandel toegespoel
jou stem net n fluister
wyl ek soek in die gras.

ponds cream botteltjie vir jou hande verweer
sjerrie proppies vir n ander seer.
jou kampie met growwe klippers uitgepak
en naas dit n longdrop waar jy die son kon sien sak

wat van al jou drome?
oor die blinkes onder die gruis
oor vrou en kind by die huis
oor die grote iewers tussen die bome**

vlak by die voetpad
met liefde vir n fyn hand gemaak
klik die xterra n victoria penniering
wat nooit haar hand sou raak

hoe moedeloos moes jy wees
om die silwer halfkroon*** te verloor
daardie nag moes die laaste populiere huil in die wind,
en ek kan net wonder,oor die eeu oue munt.

dalk het hierdie hoefyster
onder die stroewe sand
jou die geluk gebring
die groot blink klippie
in jou growwe hand

vergewe my ou delwer
as ek jou gister, stuk stuk uitgrou
oor jou harde verlede
wei my spekvet afrikaners nou.

* xterra - stokperdjie metaalverklikker
** populierbos - volgens oorlewering was daar n reuse diamant in die bos.
*** halfkroon – 2/6 of twee shieling en n sikspens.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Goed geskryf
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


die delwer
hierdie is pragtig gepen
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


Delwer ...
Baie oulik gedoen. Gee mens 'n nuwe kykie in die wereld van die oorspronklike delwer en die hedendaagse "delwer".
Ek het die storie geniet.
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud


delwer
Puik, jy mag maar.
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


.
Wow, dis baie goed geskryf. Ek voel deel daarvan.
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


delwer
Dis 'n pragtige werk en 'n baie mooi storie. En ek's mal oor jou slot :-)
4 jaar 10 maande 4 weke 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar