Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Sy verlede is 'n plaaggees
sy hart vol roet,
sy hede vol slampamper
gif in sy gemoed,
hy kyk na einders
na wat more sal bring,
terwyl sy gees
'n requiem sing,

tog staan hy vader
vir sy desperate hoop,
anders word hy van lewe
en menswees gestroop,
nou dans vingers oor klawers
laat woord in dig kristalliseer,
sodat prismas in sy denke
dalk ander iets kan leer,
die passie in sy bloed
die hunker binne syns
sal jy nou tussen woorde
in sy verse kry

So lees goed,
lees diep
roem jy lees hom raak
pasop dat jy nie deel word
van sy pen se verraad
want dit ken die kuns van sluier
selfs ontbloot as dit moet
maar dit is en bly die meester
van sy geheime en sy goed.

© 2016 Almarie Truter



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hoop
Waarskynlik is vaderstaan vir sy hoop die belangrikste.
'n Ander ou het dit miskien kon beleef as Feniks uit die as opstyg.
Maar ek hou baie van jou wending.
Dankie.
GvT
4 jaar 3 dae 4 ure oud


Digter
Ammiemoon! Soo lekker om weer iets van jou raak te lees! Soos altyd, skryf jou pen hier soos net jy kan...
4 jaar 5 ure oud


***
Besonders.
4 jaar 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Dans van die Vlammevers

    deur Evelyn van der Merwe

    100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar