Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


sag spieëldans
'n oranje rooi
en bars lewe granaat
in vroegmôre beloftes

jou oë soek in stiltes,
hande blaai in die wit van die verlede
se verwaaide onthou,
waar jy top oor môre
neffens die lyndraad van gister en nou

vingers volg versigtig die grof van tyd,
lees deur jare se emosies
wyl jy wonder oor die gesiglose man
van jou laatnag droom

en nou spieëldans daar weer sag
'n oranje rooi
in jou hart se stil donker seer.

BennyB
©1/12/2011 Barend Booysen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die donker man
Baie treffend Hou veral van ...neffens die lyndraad van gister en nou..
8 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 13 ure oud


=0
like die kleurgebruik om te besrkryf... baie mooi benny
8 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud


Die donker man
Ons dwaal in die verlede rond en tob oor hartseer dinge...baie mooi verbeeld, BennyB
8 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 21 ure oud


Die donker man
Ek volg in 'n mate - deur ook tussen die lyne te lees.
Ek dink egter jy moet effe wysig vir deursigtigheid en verstaan. Jy het eintlik 'n dêm goeie storie hier beet.
Dit verdien poleering sodat ons jong mensies iets kan leer.
8 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


rex
Donker man ...
Dis baie mooi, Benny, alhoewel effe verwarrend.

Top ... Tob.
8 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar