Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek’s geseen om jou hand vas te hou.
Toe dit tyd word vir jou vertrek.
Geen kind, maat of vriend vir jou
Hou vas my hand, saam stap ons tot daar.
Moet nie dat onseker of bang jou pla
Elkeen van ons kom langs die weg
– jy net bietjie vroeer - vandag is jy reg.

Jou oe verflou – die lewens blink taan
Fluister jou laaste woorde voor jy gaan.
Kry gemoedsrus met die wereld
Al wat ek kan bied is -
dat jy nie alleen stap tot waar jy groet.
En jou afskeid neem na die wat hier bly.

‘n Lewe geneem in oënskou –
Die voortreflik en waaroor jy beskaam.
Jou suksesse en mislukkings,
Geluk en verdriet –
Die hunker na jou geliefdes.

Die naberou van gedane sake -
Die worries en sorries van dinge agterstallig.
Vergifnisse bepleit voor opraak jou tyd
Poog nog om ou krake -
Te herstel wat nog druk op ’n gewete .
Berou hé, vrede maak met menige vete.

Jou oë vertel ons is nie alleen.
Uit jou skyn’n nuwe lig –
Vergifnis,onverdiende saligheid in sig.
Bevryding van smart en trane
– ek kan sien jy is tevrede.
Jou glimlag ‘n boodskap van SY genade

Ek sal jou aardse goedjies versorg.
Jou kleertjies, jou tande – rooisel vir jou mond.
My eer om jou gebruikte vlees
.. se laaste eer te betuig.
Gaan ons voor - die nuwe lewe tegemoed
Ek salvir hier sorg, moet nie verder kwel.
Hier is my hand nogsteeds....
Aanstons volg ons almal wel.
LL



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hi Lana,
DITTO Meraai se kommentaar.
Sela,
Carol
13 jaar 5 maande 2 dae 1 uur oud


dankie lana ek waardeer jou kommentaar
13 jaar 5 maande 2 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar