Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy het hierdie jaar n dagboek gekoop ,
jy het jou dag in jou hande gehad ,
en nie geweet jy sal net tot daar skryf nie .
Soms dink ek nog jy skryf verder ,
en dit was net n slegte dag ,
maar die dooie engel met die kennis van kwaad
en die swart mantel wat sy skaamte bedek
het jou bloed gesteel .
Soms dink ek jy weet hoe ek voel :
dat voel n aaneending is wat bly uit mekaar skeur
op n leë papier wat niks verduidelik nie .

Die son wat onder gaan se gloed
is die rooi van die bloed
van die mense wat dit dood gebrand het
toe die dooies die dooies nie kon red ,
en die maan se geel wat ek sien
is die hemoglobien
van al die bloed in die nag .
Die donker is die dooie engel se lag ,
en die sterre is swart kerse wat hy aansteek
vir elke siel wat hy afbreek
tot die son opkom en sy moordtog herhaal ,
en al die bene al hoe fyner maal
in sy meul waarom hy loop
op sy doodspad wat alles weg stroop .




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie
Baie dankie aan almal wat saamlees, dis lekker om soveel mense te sien wat nog afrikaans wardeer
4 jaar 5 maande 2 dae 10 ure oud


Z
Uitstekende gedig hierdie. Jou strofes komplimenteer mekaar, maar kan ook onafhanklik staan.
4 jaar 5 maande 3 dae 7 ure oud


.
Ok.
Wow.
4 jaar 5 maande 3 dae 9 ure oud


die weervoorspelling
n OOrspronkilke werk.
anders.
uit die boks.
ek hou hiervan
4 jaar 5 maande 3 dae 12 ure oud


die dooie engel
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die TRANE projek.
4 jaar 5 maande 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar