Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gekneus en gebroke vind ek
’n eensame hart
wat vasklou aan ’n brose siel,
aan die anderkant van liefde.

Soekend na arms
om vertroosting te bring,
wag hy ongeduldig
aan die anderkant van seer.

Maar tog ten spyte hiervan,
met sy letsels en kneusplekke,
kwesbaar en alleen
verlang hy tog weer na liefde.

Soek hy nog steeds aanvaarding.
Ope arms wat hom sal omhels
en veilig bewaar van seer.
Nog net eenkeer en vir oulaas.

(7 Junie 2015)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die eensame hart
ongelooflik mooi gepen
5 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar