Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


ai tog, ek will ophou punte tel
maar alle kos kom sit onner my vel
ek sien die maal dit lyk so lekker
die reuk maak my net al hoe gekker
lekker gestoofde appel en kaneel
en daar lê poeding in vla so geel

maar ek met my groot boepens maag
eet steak en kaassous al te graag
en as ek oor my skoene buig
dan begin ek na my asem hyg

en die dokter se ek moet stadig
eet alles heilsaam en net matig!
maar dokter! hoe kan ek nou ophou?
ek sal as ek wil! ek kan! Ek sou!

...maar boervrou maak te lekker kos
ek sal dit mos nooooit kan uitlos!
dit vul die gees, en streel die knaag
van huishonger wat jou siel so saag

van rooi kombuis en groot houttafels
wat gepak staan met koek en warm wafels!
en mense wat ek ken en mis
vriendskap, dit moet jy jou vergewis

maar ek het 'n vae wilde gevoel
'n gedagte wat in my kop rondwoel
ek mis net mense van weleer ek weet
en sal ek nooit die verlange weg kan vreet



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar