Gedigte

Titel: Die einde
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag voel ek koud en verdwaald
My siel leeg gestroop en kaal.
Ons berou het n oomblik gehou.
Toe kom dit terug na ons wat mekaar wantrou.
Mekaar in die steek laat,
te lank alleen laat.

Die blare verander van kleur,
in die son glimmer dit roes.
Herfs is hier, die bome treur.
Soos die blare val ons trane, ons het als verwoes.
Gedagteloos, vervreemd, soek ons ń plekkie in die son.
Erêns waar die hitte van buite kan vul, die leë, hol kol.

Ons kon beter doen maar wou nie onsself versoen
Ons wou nie beter wees, elkeen seker van sy vrees.
So het ons, onsself, mekaar en God verloën
Ons kon nie mekaar se gedagtes lees.
Moedswillig mekaar laat ly, gewens die ander een moet foutteer
Sodat daar regverdiging in ons verskonings kon wees.

Al wat oorbly is as,
van ń liefde wat eens was.
Dalk was dit net verbeelding, twee mense het gebid
Toe vind hul sinsbedrog,
Nou so onvanpas
Asof dit net nooit was.


Weg is die mooi, lentebloeisel liefde teer,
wat stadig ontvou terwyl jy dit verwonderd dophou.
Daaroor waak soos n regte draak, gereed om te beskerm teen enige steek
Terwyl dit tot volwasse volheid blom, drup van die liefde se nektar dou.
Daai vinnige klop van die hart soos n perd wat gallop,
en ń hart wat teen jou ribbes skop.

Nou kan ons nie eers onthou waarvan het ons in mekaar gehou.
Geen herinneringe saam in die loop van ons een vlees
Nêrens n hoekie van my en jy om te onthou, aan vas te hou.
Nêrens het ons gespaar vir seer kry dae, om krag te trek uit daai Gees,
van gegeurde liefdes nektar wat vol soetheid was.
Nou so bitter soos gal na aande vol van ń droë wyn glas.

So hier staan ons nou, by ons huwelik se graf.
Gebore om te sterwe na sewentien jaar bymekaar.
Dit is ongenadig seer, so ek bid vir ons albei vir krag.
Maak nie saak hoe swaar, dis verby, dis klaar.
Twee bloeisels bly daar oor, in vergiftigte grond,
So ons trek die wortels uit, plant oor, en hou aan bid, elke sekond.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die einde
Hoop laat 'n mens nog glo dat daar tog nog 'n kans van herstel is.
4 jaar 9 maande 3 weke 11 ure oud


Dankie
Dankievir die kommentaar en empatie.
4 jaar 9 maande 3 weke 14 ure oud


Eina
Ek is so jammer oor hierdie seer, maar baie dankbaar vir jou EINA bydrae! Wel gedaan!
4 jaar 9 maande 3 weke 15 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar